Ons is so opgewonde dat jy as jongvolwassenes wil inskryf vir Super7's!
Vul die onderstaande vorm asseblief met die nodige besonderhede in. 

Jongvolwassenes Inskrywing

Vrywaaringsvorm

Aanvaar hiermee verantwoordelikheid vir myself tot bywoning van die SuperSeweskamp wat gehou gaan word vanaf 30 September - 04 Oktober 2023

1. Ek aanvaar dat alle redelike voorsorg getref sal word vir die beveiliging en welstand van myself en dat ek verantwoordelik gehou sal word: vir die betaling van alle mediese kostes, hetsy gedek deur ’n mediese fonds of nie en indien van toepassing, in die geval van ‘n besering/siekte wat nie aan die nalatigheid van die verantwoordelike personeel toegeskryf kan word nie.

2. Ek gee toestemming dat: a) Foto’s van my in die normale verloop van die kamp geneem kan word – deur goedgekeurde Kinderwerkers/Vrywilligers of ‘n fotograaf deur die Kampbestuur aangestel; en b) Vir die gebruik in die plaaslike koerant, sosiale media, webblad, kerklike nuusbriewe en op foto-borde te publiseer.

3. Ek dra my magte aan die organiseerder of sy verteenwoordiger oor, indien mediese behandeling/chirurgiese ingreep vir my kind benodig mag word. Sover ek weet verkeer ek in goeie gesondheid.

4. Ingeval van punt 3 hierbo, vrywaar ek die Superseweskamp en Morester kampterrein en enige ander party betrokke by die organisering van die kamp van enige aanspreeklikheid, van welke rede ook al.

6. Die Supersewes Kampbestuur onderneem om na jou om te sien na die beste van ons vermoëns. Nie die Kampbestuur of enige ander party betrokke by die organisering van die Superseweskamp, kan aanspreeklik gehou word vir enige skade en/of verlies voortspruitend uit besering, diefstal en/of enige ander oorsaak nie, wat ek, mag opdoen op die perseel.

7. Ek teken hierdie vrywaringsvorm uit my eie vrye wil en keuse. Ek is nie gedwing om hierdie vorm te teken nie.

Mediesefonds:

Hiermee verstrek ek alle mediese toestande waarvan kennis gedra moet word asook my mediese besonderhede: (Indien geen medies, voltooi net GEEN in die vrae asseblief)
Drag and drop files here or Browse