Die Program

Leiers (Graad 10 / 11/ studente en Hoofspan)

Die kamp skop af vir LEIERS  op Vrydag 20 September 2019 om 17:00. Vandat jy voet op die terrein sit, gaan ons kyk na jou roeping, en jou toerus hoe om met die groepe te werk.
Ons gaan jou verduidelik wat die werk van ‘n Spannie en Ratie is, hoe die kamp werk en hoe groepe werk. Ons gaan jou help om die graad 7 kind te verstaan en hulle ‘issues’ te kan hanteer. Intussen gaan onsself pret hê en so nou en dan eet ook, en onsself verdiep in kinderkuns.

Graad 7’s

Die kamp skop af vir GRAAD 7’s op Sondag, 22 September 2019 om 8:00. Ons glo dat jy reeds klaar ontbyt geëet het, en reg is vir die tyd van jou lewe! Die kamp se doel is om JOU toe te rus vir die hoërskool wat kom, en daarom gaan ons in die volgende klompie dae ‘n program hardloop met praatjies soos:
  • i-School – Ontmoet hoërskolleiers wat in jou skool gaan wees.
  • i-Self – Wie het die Here jou gemaak om te wees?
  • i-PG – Hoe hanteer ek my verhouding met my ouers?
  • i-Music – Maak beter keuses oor die tipe musiek wat jy luister.
  • i and U – ‘n Christelike perspektief op seks en seksualiteit.
  • i-Peeps – Jou pelle in die hoërskool.
  • i-Tech – Gebruik tegnologie op ‘n verantwoordelike manier!
  • i-S.A. – Wat is jou rol in die toekoms van Suid-Afrika?
  • i-Church – Kerk is nie “boring” nie, dit is hope pret!
  • i-Faith – Versterk jou geloof en beleef God naby aan jou.
  • i-Hope – Hoop en vooruitsig vir die toekoms.
  • i-Commit – Ek verbind myself aan iets groter as ek.
  • i-Pain – Cope met seerkry wat deel is van die lewe.
  • i-Witness – Hoe is jy ‘n getuie en verteenwoordiger vir Jesus in ‘n stukkende wêreld?
Hierdie kamp word aangebied deur die NG Kerke aan die Wes-Rand, Vaaldriehoek en Potchefstroom en daarom glo ons dat as jy geestelik toegerus is, kan jy die meeste van die aanslae van die lewe hanteer. Om hierdie rede hardloop ons in dieselfde tyd ‘n program met praatjies soos:
  • Hoe kry ek geloofsekerheid?
  • Hoe maak en ‘n commitment wat hou?
  • Hoe genees my diepste seer?
  • Ek en my kerk
  • Daars ‘n live band met diep aanbidding
  • Elke oggend doen ons Bybelstudie saam.
Hierdie kamp stel belang in die hele JY. Dis onmoontlik om die heeldag stil te sit en diep te dink, en daarom het ons groot pret tussen-in: Ons doen die kamp in spanne, en elke span:
  • Het ‘n Spannie en Ratie ( hulle is reeds in die hoërskool – en hulle vertel hul eie stories van hoërskool en hoe hulle dit ervaar en hanteer)
  • Elke middag is daar serious avontuur-aktiwiteite soos paintball, tree-swing, grot-kruip en vele meer om jou die kans te gee om jou span se hero te wees.
  • En daar’s ook chilltime …. om net met ander pêlle rond te hang en nonsens te praat.
  • Na elke middag- en aandete is die snoepie oop sodat jou sjokolade-vlakke in jou bloedstroom goed kan bly.